إبراهيم Soera 14 van die Koran | ||
Klassifikasie | Mekkaans | |
In Arabies | Ibrâhîm | |
Transliterasie | Ibrahim | |
In Afrikaans | "Abraham" | |
Deel | 13 | |
Ajat | 52 |
Ibrâhîm (Arabies: إبراهيم, "Abraham") is die 14de soera, of hoofstuk, van die Koran. Dit bevat 52 ajat, of verse, en is vermoedelik in Mekka geopenbaar, twee tot drie jaar voor die Hidjrah, in 'n latere stadium van Mohammed se preke in Mekka toe die vervolging van hom en sy mede-Moslems erg geraak het.[1]
Die soera lê klem daarop dat net God weet wat in 'n mens se hart aangaan. Dit is ook 'n waarskuwing aan die ongelowiges wat nie gehoor gee aan Mohammed se boodskap nie.