Idris Elba | |
Elba in Oktober 2014.
| |
Geboortenaam | Idrissa Akuna Elba |
---|---|
Geboorte | 6 September 1972 Londen, Engeland |
Nasionaliteit | Brits |
Beroep(e) | Akteur, musikant, DJ |
Aktiewe jare | 1994–tans |
Webwerf | www.driis.com |
Toekennings | Offisier van die Orde van die Britse Ryk |
Internet-rolprentdatabasis-profiel |
Idrissa Akuna "Idris" Elba, OBE, is ’n Britse akteur, musikant en DJ.[1][2] Hy is veral bekend vir sy rolle as die dwelmbaas en sakeman Russell "Stringer" Bell in die reeks The Wire,[3] speurder John Luther in die reeks Luther en Nelson Mandela in die 2013-biografieprent Mandela: Long Walk to Freedom.
Hy is al vyf keer vir ’n Golden Globe benoem vir beste akteur in ’n minireeks of TV-prent, en het een keer gewen. Hy is ook al vier keer vir ’n Emmy benoem.[4][5]
Elba was in rolprente soos American Gangster (2007), Takers (2010), Thor (2011), Prometheus (2012) en Beasts of No Nation (2015).[6][7] Benewens akteur is hy ook ’n platejoggie (DJ) onder die naam Big Driis en ’n hip-hop-soulmusikant.[8]