Ierse Rugbyvoetbalunie | |
---|---|
Kenteken van die Ierse Rugbyvoetbalunie
| |
Engelse naam | Irish Rugby Football Union |
Afkorting | IRFU |
Iers-Gaeliese naam | Cumann Rugbaí na hÉireann |
Lande | Ierland en Noord-Ierland |
Sportsoorte | Rugby, Sewesrugby |
Stigting | 1879 |
Gestig in | Dublin, Ierland |
Lid van | Wêreldrugby |
Aangesluit in | 1886 (Stigtingslid) |
Vastelandse beheerliggaam | Rugby Europa |
President | Greg Barrett |
Setel | Lansdowne Road, Dublin, Ierland |
Amptelike tale | Engels en Iers-Gaelies |
Amptelike webwerf | irishrugby.ie |
Die Ierse Rugbyvoetbalunie (Engels: Irish Rugby Football Union, afgekort “IRFU”; Iers-Gaelies: Cumann Rugbaí na hÉireann) is die bestuursliggaam wat rugby en sewesrugby in Ierland (beide die Republiek Ierland en Noord-Ierland) beheer. Die beheerliggaam is in 1879 gestig en by Lansdowne Road in Dublin gesetel. Sedert 1886 verteenwoordig dit Ierland by Wêreldrugby en sedert 1999 ook by Rugby Europa (“RE”).