Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
'n Igloe is die Eskimo- of Innuït-woord vir "huis" of "woning"[1] en word in Afrikaans gebruik om na hierdie nasie se yshuise te verwys.
'n Tipiese ysigloe is 'n skuiling wat uit sneeublokke gebou word, hoofsaaklik in die vorm van 'n koepel. Alhoewel igloes met alle Eskimo's geassosieer word, is hulle hoofsaaklik gebou deur die volke van Kanada se Sentrale Arktiese gebied en Groenland se Qaanaaq-gebied gebou. Ander Eskimo- of Innuïtvolke insuleer hulle huise met huide en walvisbene. Die gebruike van sneeu help om die gebou te insuleer, aangesien die lugborrels in die ys 'n ekstra insulerende laag vorm. Temperature buite die igloe kan tot -45 °C daal, terwyl dit binne-in die igloe tussen -7 en 16 °C wissel, bloot deur die verwarming van liggaamlike hitte.[2]