Igor Sikorsky

Igor Sikorsky
Gebore
Igor Ivanovich Sikorsky

25 Mei 1889
Sterf26 Oktober 1972
NasionaliteitRussiese Amerikaner
BeroepIngenieur
Bekend virVliegtuie en helikopters
EggenootOlga Fyodorovna Simkovitch, Elisabeth Semion
KindersTania, Sergei, Nikolai, Igor, George

Igor Ivanovich Sikorsky (Oekraïens: І́гор Іва́нович Сікорський, Russies: И́горь Ива́нович Сико́рский, Afrikaanse transliterasie: Igor Iwanowitsj Sikorski; 25 Mei 1889 - 26 Oktober 1972) was 'n ingenieur wat helikopters en vliegtuie gebou het. Hy is gebore in Kiëf, Russiese Keiserryk (nou Kijif in Oekraïne). Hy studeer aan die Russiese Vlootkollege in Sint Petersburg en doen gevorderde studies by die Instituut van Tegnologie in Kiëf en later in Frankryk. Teen 1911 het hy reeds verskeie vliegtuie en twee helikopters gebou. Die tweede kon sy eie massa van 400 pond van die grond af lig.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne