| |||||||
Gestig | 31 Maart 1924 | ||||||
---|---|---|---|---|---|---|---|
Eerste vlug | 26 April 1924 | ||||||
Laaste vlug | 24 November 1939 | ||||||
Bedryfsbasisse | Lughawe Croydon, Londen | ||||||
Hoofkantoor | Croydon, Londen, Engeland | ||||||
Sleutelpersone | Rt Hon Sir Eric Geddes GCB, GBE (voorsitter), Sir Herbert Hambling, majoor J.W. Hills |
Imperial Airways was 'n Britse kommersiële lugredery wat tussen 1924 en 1939 bestaan het en baanbrekerswerk gedoen het met die instelling van lugroetes tussen die Verenigde Koninkryk en bestemmings in vastelandse Europa asook die Britse Ryk soos Suid-Afrika, Indië en die Verre Ooste, insluitende Malaya en Hong Kong. In Oseanië is vennootskappe aangegaan met twee plaaslike lugdienste, Qantas (Queensland and Northern Territory Aerial Services Ltd) in Australië en TEAL (Tasman Empire Airways Ltd) in Nieu-Seeland.
In 1939 is Imperial Airways saamgesmelt met British Overseas Airways Corporation (BOAC) wat op sy beurt met British European Airways Corporation saamgesmelt is om die nuwe lugredery British Airways te vorm.