Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas.
’n Kunstenaar se voorstelling van die InSight-landingstuig.
InSight is ’n robotlandingstuig wat ontwerp is om die binnekant van die planeet Mars te bestudeer.[1][2] Dit is op 5 Mei2018 gelanseer[3] en het op 26 November2018 op Mars geland[4] ná ’n reis van 485 miljoen km.[5][6] Dit sal ’n seismometer en ’n hittesondeerder gebruik om proefnemings uit te voer. Dit sal ook ’n reeks radio-eksperimente doen ter aanvulling van studies oor Mars se interne struktuur en rotasie.[7]