Indra

Indra
Indradeva (tussen 1670 en 1680)
Indradeva (tussen 1670 en 1680)
Devanagari इन्द्र of इंद्र
Tamilskrif இந்திரன்
Affiliasie Dêwa
Woonplek Amarāwati in Svargha
Wapen Wadjra
Metgesel Satji/Indrāṇi
Rydier Airawata

Indra (Sanskrit: इन्द्र of इंद्र Indra, Tamil: இந்திரன், Maleis: Indera, Thai: พระอินทร์ Phra-Intra, Japannees: Taisjakoeten) is die god van Oorlog en Weer asook die Koning van die gode of Dêwas en Heer van Hemel of Svargaloka in Hindoeïsme. Vir die eerste keer as 'n god van oorlog en soldate (Ksjatrija) genoem in die heilige Hindoegeskrif, die Righ-weda, het hy vervolgens die opperwese geword. Indra is beklee met 'n heldhaftige en byna vermetele en amoreuse karakter. Hy het altyd belangrik gebly in Indiese mitologie, van Wediese tot Poeraniese tye, selfs toe sy reputasie en rol later in Hindoeïsme begin taan het met die opkoms van die Trimoerti. Hy is agter steeds aktief in die Pali-kanon, waar hy aangespreek word as Sakka (van die Sanskrit Śakra).[1] In Iran het Indra in die Zoroastriese godsdiens 'n aartsdemoon geword.

  1. Presidential Address W. H. D. Rouse Folklore, Vol. 18, Nr. 1 (Maart 1907), pp. 12-23: "Koning van die gode is Sakka, of Indra"

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne