Indravarman I | |
---|---|
Koning van die Khmer-ryk | |
Voorganger | Jayavarman III |
Opvolger | Yasovarman I |
Dinastie | Khmer-ryk |
Vader | Prthivindravarman |
Moeder | Prthivindradevi |
Oorlede | 889 |
Indravarman I (Khmer: ឥន្រ្ទវរ្ម័នទី១) was ’n koning van die Khmer-ryk wat tussen omstreeks 877 en 889 vanaf Hariharalaya (die huidige Roluos) regeer het.
Hy was nie verwant aan Jayavarman II of Jayavarman III nie, maar het aanspraak op die troon gemaak vanweë afstamming van onbekende heersers van voor die Angkor-tydperk. Hy was in werklikheid nie ’n prins nie, maar "’n broerskind van die vrou van Jayavarman II".[1] Sy aanspraak was dus twyfelagtig en daarom is hy uitgedaag. Hy moes veg vir sy posisie.