Inge Lehmann ForMemRS (13 Mei 1888 – 21 Februarie 1993) was 'n Deense seismoloog en geofisikus. In 1936 het sy ontdek dat die Aarde 'n soliede binnekern[1] binne 'n gesmelte buitenste kern het. Voor dit het seismoloë geglo dat die aarde se kern 'n enkele gesmelte sfeer is, maar was nie in staat was om noukeurige metings van seismiese golwe van aardbewings te verduidelik nie, aangesien dit nie met hierdie idee ooreengestem het nie. Lehmann het die seismiese golfmetings ontleed en tot die gevolgtrekking gekom dat die aarde 'n soliede binnekern en 'n gesmelte buitenste kern moet hê om seismiese golwe te produseer wat ooreenstem met die metings. Ander seismoloë het Lehmann se verduideliking getoets en toe aanvaar. Lehmann was ook een van die langste-lewende wetenskaplikes, wat vir meer as 104 jaar geleef het.[2] [3]