Ingrid Jonker

Ingrid Jonker
Ingrid Jonker in 1956
Gebore19 September 1933
Sterf19 Julie 1965 (op 31)
NasionaliteitSuid-Afrikaans
BeroepSkrywer en digter
EggenootPieter Venter
KindersSimone
Ouer(s)Abraham Jonker en Beatrice Cilliers

Ingrid Jonker (19 September 1933 – 19 Julie 1965) was 'n Afrikaanse skryfster en digteres. Belangstelling in Jonker se werke, en veral ook in haar kort en tragiese lewe, was ná haar dood veel groter as toe sy geleef het. Net drie digbundels van haar is ooit gepubliseer: Ontvlugting (1956), Rook en oker (1963), en Kantelson (postuum in 1966). Dit is veral die kort en suiwer liriese gedigte van verlange en verlatenheid in Rook en oker wat aan haar roem besorg het.[1] In haar nadoodse Kantelson was dit 'n doodsverlange wat tot lesers gespreek het en daartoe gelei het dat bekende musici haar gedigte getoonset en opgeneem het. Sy het op 19 Julie 1965 selfmoord gepleeg deur in Drieankerbaai in Kaapstad in die see te loop.

  1. SA History: http://www.sahistory.org.za/people/ingrid-jonker

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne