Die inlyntweesilinderenjin of reguit-twee-enjin is 'n tipe binnebrandenjin met altwee silinders in 'n reguit lyn met die krukas gemonteer. Die enkelbanksilinders kan gerig word in óf 'n vertikale of 'n skuinsvlak met altwee suiers wat 'n gemeenskaplike krukas aandryf.
Hierdie tipe enjin dryf gewoonlik motorfietse en klein vaartuie (soos jetski's) aan. Dit word ook in klein stadsmotors met 'n 500 tot 600 cc inhoudsmaat ingespan, waar ruimte streng beperk is in die enjinruim.
In 'n spesifikasie, grafiek of wanneer 'n afkorting gebruik word, word 'n inlyntweesilinderenjin gelys óf as I2 of L2.