Interaktiewe sterrestelsels is sterrestelsels waarvan die swaartekragvelde mekaar versteur. ’n Voorbeeld van ’n klein interaksie is wanneer ’n satellietstelsel die spiraalarms van die primêre stelsel versteur. ’n Voorbeeld van ’n groot interaksie is die botsing van twee stelsels.