Interface Builder | |
![]() | |
Ontwikkelaar | Apple Inc. |
---|---|
Nuutste weergawe | 4.0/ 9 Maart 2011 |
Bedryfstelsel | Mac OS X |
Kategorie | Programmatuurontwikkeling |
Lisensie | Eiendomsprogrammatuur, gratis saam met die Xcode-suite |
Webblad | developer.apple.com |
Interface Builder is ’n programmatuurontwikkelingstoepassing vir Apple se Mac OS X bedryfstelsels. Dit is deel van die Apple Developer-ontwikkelaarsgereedskap genaamd Xcode (voorheen Project Builder). Interface Builder stel Cocoa- en Carbon-ontwikkelaars in staat om koppelvlakke vir toepassings te maak deur ’n grafiese gebruikerskoppelvlak te gebruik. Die gevolglike koppelvlak word geberg as ’n .nib-lêer (kort vir NeXT Interface Builder) of meer onlangs as ’n .xib-lêer.
Interface Builder is ’n afstammeling van die NeXTSTEP ontwikkelingsagteware van dieselfde naam. ’n Weergawe van Interface Builder is ook gebruik in die ontwikkeling van OpenStep-programmatuur en ’n soortgelyke instrument genaamd Gorm bestaan vir GNUstep. Op 27 Maart 2008 is ’n gespesialiseerde iPhone-weergawe van Interface Builder vrygestel saam met die iPhone POP Beta 2 sodat koppelvlakke vir iPhont-toepassings geskep kon word. Sedert Xcode 4 bestaan Interface Builder nie meer as ’n afsonderlike toepassing nie en die funksionaliteit van Interface Builder is in Xcode ingebou.