Die studie van internasionale verhoudinge (ook internasionale politiek, internasionale aangeleenthede, internasionale verhoudings of internasionale betrekkinge) is 'n onderdeel van die politieke wetenskap wat fokus op die ondersoek na buitelandse verhoudinge tussen state en ook internasionale gebeure. Hierby word ook aandag gegee aan die rol van state, inter-regeringsorganisasies (IROs), nieregeringsorganisasies (NROs) en multinasionale ondernemings. Dit is sowel 'n veld van akademiese studie as van openbare politiek. Met die oog hierop word internasionale verhoudinge geanaliseer sowel as beleid geformuleer.