Irannese tale

Irannese tale
Geografiese
verspreiding:
Wes-Asië, Sentraal-Asië
Genetiese
klassifikasie
:
Indo-Europees
 Indo-Irannees
  Irannese tale
Onderafdelings:

Lande waar 'n Irannese taal gepraat word

Die Irannese tale (soms ook Irano-Ariese tale genoem) is 'n subfamilie van die Indo-Irannese tale binne die Indo-Europese taalfamilie, saam met die Indo-Ariese tale en die Nuristani-tale, en word veral deur Irannese volke gepraat.[1] Daar is altesaam sowat vyftig Nieu-Irannese tale met sowat 150 miljoen moedertaalsprekers, terwyl tussen 30 en 50 miljoen sprekers 'n Irannese taal as tweede of derde taal praat. Die grootste tale (volgens moedertaalsprekers) is: Persies (57 miljoen), Pasjtoe (ca. 50 miljoen), Koerdies (30 miljoen), Dari (ca. 12,5 miljoen), Tadjiks (ca. 8 miljoen), Beloetsji (5 miljoen), Luri (4–5 miljoen), Zazaki (2–4 miljoen), Gilaki (2,4 miljoen) en Mazanderani (2,4 miljoen). Van die ander tale sluit in Avesties (uitgestorwe) en Osseties (ca. 620 000).

Die verspreiding van moderne Irannese tale. Die vier grootste tale in dié taalfamilie is:

   Koerdies

   Persies of Farsi

   Pasjtoe

   Beloetsji

Hulle is inheems aan die Irannese hoogland tussen die Eufraat-Tigris in die weste, die Kaukasus in die noordweste, die Kaspiese See en Sentraal-Asië in die noorde, die Indus in die ooste en die Persiese Golf in die suide met lande soos Iran, Afghanistan, Pakistan en Tadjikistan. Die verspreiding van beide die Irannese tale en Irannese volke het met die uitbreiding van die Persiese Ryk gepaard gegaan.

  1. (en) "IRAN vi. IRANIAN LANGUAGES AND SCRIPTS". Encyclopædia Iranica. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 23 April 2020. Besoek op 16 April 2021.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne