Isaac Titsingh | |
---|---|
Gebore | 10 Januarie 1745 |
Sterf | 2 Februarie 1812 (op 67) |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | Handelaar |
Isaac Titsingh (Amsterdam, Nederland, 10 Januarie 1745 - Parys, Frankryk, 2 Februarie 1812) was opperhoof van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (destyds Vereenigde Oostindische Compagnie, algemeen afgekort as VOC) se fabriek en handelspos op die mensgemaakte eiland Desjima in die baai van Nagasaki, Japan.
As opperhoof lei hy elke jaar die hofreis na Edo (nou Tokio) om die Shogoen en sy hof te bedank met pragtige geskenke.