Isabel Allende

Isabel Allende
Isabel Allende in 2007
Gebore2 Augustus 1942
NasionaliteitVlag van Chili Chili
BeroepSkrywer, joernalis
Bekend virRomans
Webwerfisabelallende.com

Isabel Allende (1942-) is 'n Chileense skrywer en joernalis. Sy is die bes verkopende Spaanse skrywer, met 51 miljoen verkoopde romans, wêreldwyd.[1] Haar oom was Salvador Allende, 'n voormalige president van Chili.

Allende se werke bevat aspekte van magiese realisme. Sy is bekend vir romans soos The House of the Spirits (La casa de los espíritus, 1982) en City of the Beasts (La ciudad de las bestias, 2002), wat kommersieel suksesvol was. Sy skryf hoofsaaklik in Spaans, maar is (as 'n tweede-taal spreker) vlot in Engels.

Sy was 'n vlagdraer tydens die openingseremonie van die Olimpiese Winterspele van 2006 in Turyn, Italië. In 2007 het sy haar ondervindinge op 'n TED-konferensie, genaamd Tales of Passion, met die wêreld gedeel.

  1. (en) "Latin American Herald Tribune – Isabel Allende Named to Council of Cervantes Institute". Laht.com. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2011. Besoek op 14 November 2010.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne