Isabella Rossellini (gebore op 18 Junie1952 as Isabella Fiorella Elettra Giovanna Rossellini)[1][2][3] is ’n Italiaanse aktrise, model, skrywer, rolprentmaker en filantroop. Sy was 14 jaar lank ’n Lancôme-model en het in rolprente gespeel soos Blue Velvet en Death Becomes Her. Sy is vir ’n Golden Globe benoem vir haar spel in Crime of the Century (1996).
Rossellini was van 1979 tot 1982 getroud met die regisseur Martin Scorsese[4] en daarna met die voormalige model Jon Wiedemann (1983–1986).[5] Later het sy met David Lynch,[6]Gary Oldman en Gregory Mosher uitgegaan.[7]
↑"Isabella Rossellini". The New York Times (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 5 Maart 2016. Besoek op 11 Februarie 2014.