Isabelle Boulay | |
---|---|
![]() | |
Agtergrondinligting | |
Gebore | 6 Julie 1972 Gaspésie, Quebec, Kanada |
Genres | Popmusiek |
Beroep(e) | Sanger |
Jare aktief | 1995 - hede |
Webwerf | isabelleboulay.ca |
Isabelle Boulay (gebore 6 Julie 1972 in Gaspésie, Quebec) is 'n Kanadese sanger van popmusiek.
As kind het sy geluister na haar ouers se albums van Gilles Vigneault en Félix Leclerc terwyl sy gedroom het van haar eie toekoms op die verhoog. Teen die einde van die 1980's was Isabelle 'n kunsstudent in die stad Québec waar sy haar passie vir die digkuns verken het.
Sy het so veel as moontlik opgetree en was 'n groot treffer op die Festival de la chanson de Petite-Vallée waar sy deelgeneem het aan die sangfees nadat haar vriende, sonder haar medewete, haar ingeskryf het. Bemoedig deur haar wen optrede het Isabelle ook die prys vir die beste opvoering gewen tydens die Festival de la chanson de Granby vir haar weergawes van Jacques Brel se Amsterdam en ook Dan Bigras en Gilbert Langevin se Naufrage.