Isakkatedraal | |
---|---|
Die katedraal is ’n neoklassieke vertolking van ’n Bisantynse kerk en is deur Auguste de Montferrand ontwerp.
| |
Ligging | Sint Petersburg, Rusland |
Affiliasie | Russies-Ortodokse Kerk |
Gebou voltooi | 1858 |
Argitek | Auguste de Montferrand |
Status | Aktief |
Die Isakkatedraal (Russies: Исаа́киевский Собо́р, Isaakijefski Sobor) in Sint Petersburg, Rusland, is die grootste Russies-Ortodokse katedraal in die stad. Dit is die grootste Ortodokse basilika en die vierde grootste katedraal (volgens volume onder die koepel) in die wêreld.[1] Dit is opgedra aan sint Isak van Dalmasië, ’n beskermheilige van Pieter die Grote, wat op dié heilige se feesdag gebore is.