Isis

Hierdie artikel handel oor die Antieke Egiptiese godin Isis. Vir die djihadiese militante groep "Islamitiese Staat in Irak en die Levant" soms afgekort as ISIS, sien Islamitiese Staat.
Isis
Die godin Isis uitgebeeld as ’n vrou met ’n kopstuk in die vorm van ’n troon en met ’n anch in haar hand.
Die godin Isis uitgebeeld as ’n vrou met ’n kopstuk in die vorm van ’n troon en met ’n anch in haar hand.
Soort godin  Egipties
Godin van Gesondheid, die huwelik en liefde
Naam in hiërogliewe
stt
H8
B1
 of 
stt
y
I12
Kultussentrum  Philae, Abydos
Simbool Die troon, die sonskyf met horings, swaeltjie, kobra, aasvoël
Ouers Geb en Noet
Sibbes Osiris, Set, Nephthys, Haroeris
Metgesel Osiris, Ra en soms Anoebis
Kinders Horus, Bastet en soms Ammit
Portaal  Portaalicoon   Antieke Egipte

Isis (die oorspronklike Egiptiese uitspraak was meer waarskynlik "Aset" of "Iset") was in die Egiptiese mitologie ’n godin wat aanbid is as die ideale ma en vrou, en as die beskermer van die natuur en toorkrag. Sy was die vriendin van slawe, sondaars en vertraptes, maar het ook die gebede van die rykes, maagde, aristokrate en heersers aangehoor.[1] Sy word dikwels uitgebeeld as die ma van Horus, maar soms is Horus se ma Hathor. Isis is ook bekend as die beskermer van die dooies en die godin van kinders.

Die naam Isis beteken "troon"[2] en haar kopstuk is ’n troon. As die verpersoonliking van die troon was sy ’n belangrike verteenwoordiger van die farao se mag. Die farao is uitgebeeld as haar kind, wat op ’n troon sit wat sy verskaf het.

Haar kultus was gewild regdeur Egipte, maar haar belangrikste tempels was by Behbeit El-Hagar in die Nyldelta en later op die eiland Philae in Bo-Egipte.

  1. R.E Witt, Isis in the Ancient World, p. 7, 1997, ISBN 978-0-8018-5642-6
  2. "Isiopolis essay by M. Isidora Forrest (Isis Magic, M. Isidora Forrest, Abiegnus House, 2013, ISBN 978-1-939112-00-2) on Isis' name origin and pronunciation" (in Engels). Geargiveer vanaf die oorspronklike op 6 November 2012. Besoek op 30 Julie 2014.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne