Islamabad Internasionale Lughawe

Islamabad Internasionale Lughawe
IATA: ISBICAO: OPIS
Opsomming
Tipe lughawe Openbaar
Eienaar Pakistanse Regering
Operateur PCAA[1]
Bedien Islamabad-Rawalpindi-STREEK
Ligging Islamabad, Pakistan
Geopen 1 Mei 2018; 6 jaar gelede (2018-05-01)[2]
Spil vir Pakistan International Airlines
Hoogte bo seevlak 1 761 vt / 537 m
Koördinate 33°32′56.70″N 72°49′32.34″E / 33.5490833°N 72.8256500°O / 33.5490833; 72.8256500
Webtuiste www.islamabadairport.com.pk
Landkaarts
Map
Ligging in Islamabad
ISB/OPIS is in Pakistan
ISB/OPIS
ISB/OPIS
Ligging van die lughawe in Pakistan
Aanloopbane
Rigting Lengte Oppervlak
m vt
28L/10R 3658 Teer
28R/10L 3658 Teer
Statistieke (2018-2019)
Passasiers[3] 5 140 585

Islamabad Internasionale Lughawe (IATA: ISB, ICAO: OPIS) is die internasionale lughawe wat Islamabad, die hoofstad van Pakistan bedien. Dit is 25 km suidwes van die stad geleë en is toeganklik deur Srinagar-snelweg.

Die lughawe het in 6 Mei 2018 met volle bedrywighede begin en die ontbinde Benazir Bhutto Internasionale Lughawe vervang wat nou deel vorm van die Pakistanse Lugmagbasis Nur Khan.[4] Dit is die grootste vraglughawe in Pakistan en ook in terme van oppervlakte en passasierkapasiteit, wat jaarliks 9 miljoen passasiers kan bedien.[5] Verdere uitbreidings in die toekoms sal sorg dat dit jaarliks tot 25 miljoen passasiers kan bedien. Dit is die tweede besigste lughawe in Pakistan wat passasiersverkeer betref ná Jinnah Internasionale Lughawe, Karatsji. Die terminaal sluit 15 hekke met tien afgeleë hekke, belastingvrye winkels, 'n voedselarea en 42 immigrasietoonbanke in.[6] Die Pakistanse burgerlugvaartowerheid het 2,833 hektaar (11,46 km2 / 4.42 vk myl) grond bekom om 'n derde aanloopbaan te bou. Dit is die eerste en enigste lughawe in Pakistan wat die Airbus A380 kan hanteer. 'n Metrobus-snelvervoerdiens verbind die lughawe met Islamabad en Rawalpindi, dit is op 18 April 2022 voltooi.[7]

  1. "PCAA – Pakistan Civil Aviation Authority". www.caapakistan.com.pk.
  2. "First pictures: New Islamabad airport opens, to handle up to 25m flyers a year". GulfNews.com. 1 Mei 2018. Besoek op 5 Mei 2018.
  3. "PAC warns of using 2 runways of new Islamabad Airport at a time". www.thenews.com.pk (in Engels). Besoek op 3 Mei 2018.
  4. "New Islamabad airport finally operational after years of delay". The Nation (in Engels). 3 Mei 2018. Besoek op 3 Mei 2018.
  5. "Islamabad International Airport - IIAP - اسلام آباد انٹرنیشنل ائیرپورٹ". www.islamabadairport.com.pk. Besoek op 18 April 2019.
  6. "New Islamabad airport: Rs3 billion allocated for road network - The Express Tribune". The Express Tribune (in Engels (VSA)). 19 Junie 2016. Besoek op 20 Junie 2016.
  7. "PM urges China to include KCR in CPEC schemes". 18 April 2022.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne