Die Istwaeone (ook genoem Istaewone, Istriaone, Istrione, Sthraone, Thracone, Ryn-Germane of Ryn-Weser-Germane) was volgens Tacitus een van drie hoofgroepe van die Germane. Die drie groepe word teenswoordig ingedeel as die Wes-Germane.
Die verspreidingsgebied van die Istwaeone stem ooreen met die van die Ryn-Weser-Germane. Dit korrespondeer aldus geografies ook met die stamgebied van die latere Franke, van wie onder meer die Nederlande die erfgename is. Die ou etniese benaming leef voort in die taalkundige begrip Istwaeoons.