Ivan Glasenberg (gebore 7 Januarie 1957 in Johannesburg)[1] is 'n Suid-Afrikaanse sakeman en bestuurder. Hy is die voormalige hoof uitvoerende beampte van Glencore, een van die wêreld se grootste kommoditeitsverhandelings- en mynmaatskappye. In Desember 2020 is aangekondig dat Glasenberg teen Junie 2021 as uitvoerende hoof sal uittree. Hy het burgerskap van Suid-Afrika en Australië. In 2011 het hy 'n Switserse burger geword. Hy is ook op die direksie van die mynmaatskappy Minara Resources Ltd. Hy was teen die einde van 2018 met bates van R65,3 miljard die vierde rykste Suid-Afrikaner.[2]