Ivoorkus | ||||
Unie | Ivoriaanse Rugbyfederasie (FIR) | |||
Bynaam(e) | Les éléphants (“Die olifante”) | |||
Embleem | die Olifant | |||
Stadion | Stade Félix Houphouët-Boigny, Abidjan | |||
Kapasiteit | 50 000 | |||
Afrigter(s) | André Adopo | |||
Kaptein(s) | Charles Zamble | |||
|
||||
Statistiek
| ||||
---|---|---|---|---|
Meeste toetse | 5 spelers (8 elk)[1] | |||
Meeste punte | Athanase Dali (31)[2] | |||
Meeste drieë | Abubacar Camara (3)[3] | |||
Eerste internasionale wedstryd | ||||
Zimbabwe 22–9 Ivoorkus (Harare, Zimbabwe; 5 Mei 1990) | ||||
Grootste oorwinning | ||||
Ivoorkus 83–3 Mauritius (Yamoussoukro, Ivoorkus; 26 Junie 2013) | ||||
Grootste nederlaag | ||||
Ivoorkus 0–89 Skotland (Rustenburg, Suid-Afrika; 26 Mei 1995) | ||||
Wêreldbeker | ||||
Verskynings | 1/10 (Eerste in 1995) | |||
Beste uitslag | Laaste in groep 1995 |
Die Ivoriaanse nasionale rugbyspan (Frans: Équipe de Côte d'Ivoire de rugby à XV) is die nasionale rugbyspan wat Ivoorkus (Côte d’Ivoire) in internasionale wedstryde (toetswedstryde) verteenwoordig. Hulle dra die bynaam Les Éléphants (“die olifante”), genoem na die Afrika-olifant, Ivoorkus se wapendier. Rugby word in Ivoorkus geadministreer deur die Ivoriaanse Rugbyfederasie (Fédération ivoirienne de rugby, FIR) wat in 1961 gestig is. Ivoorkus word deur Wêreldrugby as ’n vlak drie-span erken. Die Ivoriaanse rugbyspan is tans (Julie 2024) 62ste op Wêreldrugby se wêreldranglys gelys.[4] Saam met Kenia en Zimbabwe is Ivoorkus tradisioneel een van die sterker nasionale Afrikarugbyspanne na die Suid-Afrikaanse Springbokke en die Namibiese Welwitschias.
Ivoorkus het in 1990 sy eerste toetswedstryd teen Zimbabwe gespeel. Die span kon vir een rugbywêreldbekertoernooi kwalifiseer, maar hulle het tydens die 1995-toernooi al hul groepwedstryde verloor. Hulle het tydens die Afrikabeker nog geen titel ingepalm nie en een keer in die vierde plek geëindig. Die Ivoriaanse span speel tradisioneel in oranje truie met wit broeke en groen sokkies.