Iwan VI | |
---|---|
Keiser van die Hele Rusland | |
Iwan VI saam met sy ma en regent, Anna Leopoldowna | |
Dinastie | Romanof |
Bewind | 1740–1741 |
Volle naam | Iwan Antonowits |
Ander titels | Tsaar |
Gebore | 23 Augustus 1740 |
Gesterf | 16 Julie 1764 |
Voorganger | Anna |
Opvolger | Elisabeth |
Vader | Anton Ulrich van Brunswyk-Wolfenbüttel |
Moeder | Anna Leopoldowna |
Iwan VI Antonowitsj (Russies: Иоанн VI Антонович) (Sint Petersburg, 23 Augustus 1740 – Sjlisselboerg, 16 Julie 1764) was van 1740 tot 1741 keiser van Rusland.
Iwan was die seun van Anton Ulrich van Brunswyk-Wolfenbüttel en Anna Leopoldowna, dogter van keiserin Anna van Rusland se suster Elisabeth. Anna het die agt weke oue seuntjie op 5 Oktober 1740 aangeneem en hom as haar opvolger aangewys. In dieselfde maand is Anna dood en het Iwan keiser geword.