Jack Johnson | |
---|---|
Agtergrondinligting | |
Geboortenaam | Jack Hody Johnson |
Gebore | 18 Mei 1975 North Shore, Oahu, Hawaiï, VSA |
Genres | Akoesties, sagte rock, poprock |
Beroep(e) | Sanger-liedjieskrywer, musikant, filmmaker, branderplankryer, plateëtiketeienaar |
Instrumente | Stem, kitaar, ukelele, klavier |
Jare aktief | 2001 — hede |
Etikette | Everloving, Brushfire, Universal |
Webwerf | www.jackjohnsonmusic.com |
Jack Hody Johnson (* 18 Mei 1975)[1] is 'n Amerikaanse sanger-liedjieskrywer, musikant, filmmaker[2] en branderplankryer bekend vir sy werk in die sagte rock- en akoestiese musiekgenres. Hy het kommersiële sukses bereik met die vrystelling van sy debuutalbum, Brushfire Fairytales, in 2001. Hy het sedertdien vier verdere albums vrygestel, asook 'n aantal EP's. Hy is welbekend vir sy jaarlikse byeenkoms, die Kokua-fees, waar al die gegenereerde inkomste terug in die gemeenskap geploeg word. Hy nooi gewoonlik ander sterre, soos Dave Matthews, om by sy fees op te tree.