Jack Sparrow

Jack Sparrow
’n Beeld van die betrokke karakter.
Johnny Depp as Jack Sparrow, 2015.

Skepping
Eerste verskyning The Curse of the Black Pearl (2003)
Geskep deur Ted Elliott
Terry Rossio
Johnny Depp
Uitgebeeld deur Johnny Depp
Anthony De La Torre (jonk)
Stem Johnny Depp (2006)
Jared Butler (2007-tans)
James Arnold Taylor (2006)
Inligting
Byname Jackie/Jacky, Jackie boy/Jacky boy, Jack the Sparrow, Smith/Smithy, Justice Smith
Spesie Mens
Geslag Manlik
Beroep Seerower
Ander familie Edward Teague (vader)
Jack Teague (oom)
Nasionaliteit Engels

Kaptein Jack Sparrow is 'n fiktiewe karakter en die hoofkarakter van die Pirates of the Caribbean-rolprentreeks en -franchise. 'n Vroeë weergawe van Sparrow is deur die draaiboekskrywers Ted Elliott en Terry Rossio geskep, maar die finale karakter is geskep deur die akteur Johnny Depp, wat ook die rol vertolk.[1][2][3]

Keith Richards in 1982.

Die karakter, 'n seerower, is geskoei op 'n kombinasie van The Rolling Stones se kitaarspeler Keith Richards en Looney Tunes-strokiesprente, veral die karakters Bugs Bunny en Pepé Le Pew. Hy verskyn die eerste keer in die rolprent van 2003 Pirates of the Caribbean: The Curse of the Black Pearl, en later in die opvolgprente Dead Man's Chest (2006), At World's End (2007), On Stranger Tides (2011) en Dead Men Tell No Tales (2017).

In die rolprente is Sparrow een van die seerowerlords in die Brethren Court, die Seerowerlords van die Sewe Seë. Hy kan verraderlik wees en oorleef hoofsaaklik deur sy brein te gebruik en te onderhandel, eerder as deur krag. Hy vlug van die gevaarlikste situasies en veg net indien nodig.

Sparrow word bekendgestel waar hy sy skip, die Black Pearl, probeer terugkry van sy muitsugtige eerste stuurman, Hector Barbossa. Nadat hy geslaag het, probeer hy ontsnap van sy slegte skuld aan die legendariese Davy Jones, terwyl hy teen die Oos-Indiese Kompanjie veg. Later, toe hy na die Fontein van Jeug soek, word hy ontvoer en op Swartbaard se Queen Anne's Revenge geneem, waar hy gedwing word om hom na die Fontein te lei terwyl die Black Pearl in 'n bottel vasgekeer is. In 'n latere avontuur, toe die Spaanse spookkaptein Armando Salazar hom jaag, soek hy na die Drietandvurk van Poseidon terwyl hy ook probeer om die Pearl tot sy oorspronklike vorm te herstel.

Die Pirates of the Caribbean-reeks is geïnspireer deur die Disney-temaparkrit met dieselfde naam. Toe die rit in 2006 opgeknap is, is die karakter Jack Sparrow bygevoeg. Hy is die onderwerp van ander boeke, onder meer die kinderreeks Pirates of the Caribbean: Jack Sparrow, wat van sy kinderjare vertel.

  1. "Johnny Depp Explained How He Created Captain Jack Sparrow". GeekTyrant (in Engels (VSA)). 14 Oktober 2018. Besoek op 7 September 2023.
  2. "Johnny Depp created Captain Jack Sparrow by turning up sauna to '1000 degrees' until it affected him mentally". LADbible (in Engels). 16 November 2022. Besoek op 7 September 2023.
  3. updated, Dirk Libbey last (9 Februarie 2016). "How Cartoons Inspired Johnny Depp As He Created Captain Jack Sparrow". CINEMABLEND (in Engels). Besoek op 7 September 2023.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne