Jacob Roggeveen

Roggeveen se reisplan.

Jacob Roggeveen (1 Februarie 165931 Januarie 1729) was ’n Nederlandse ontdekkingsreisiger wat gestuur is om Terra Australis te vind, maar in plaas daarvan het hy Paaseiland ontdek (wat so genoem is omdat hy op Paassondag daar geland het). Roggeveen het ook op die eilande Bora Bora en Maupiti van die Geselskapseilande afgekom, asook op Samoa. Hy het die ekspedisie saam met sy broer, Jan Roggeveen, beplan wat in Nederland agtergebly het.[1]

  1. "Jacob Roggeveen" (in Engels). Libweb5.princeton.edu. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 7 April 2019. Besoek op 18 Oktober 2012.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne