Jacobus Arminius | |
---|---|
Jacobus Arminius (1620) deur David Bailly | |
Gebore | 10 Oktober 1560 Oudewater, Spaanse Nederlande, Heilige Romeinse Ryk |
Sterf | 19 Oktober 1609 (op 49) |
Nasionaliteit | Nederland |
Beroep | Dominee, teoloog |
Era | Hervorming |
Eggenoot | Lijsbet Reael |
Jacobus Arminius (10 Oktober 1560 – 19 Oktober 1609), die verlatynse naam van Jakob Hermanszoon, was 'n Nederlandse teoloog uit die era van die Hervorming wie se leerstellinge die basis van Arminianisme en die Nederlandse Remonstrante-beweging sou word. Hy het vanaf 1603 as professor in teologie aan die Universiteit van Leiden gedien [1] en verskeie boeke en verhandelinge oor teologie geskryf.
Na sy dood het sy bevraagtekening van die standaardbelydenisskrif van die Hervorming, die Belgiese Belydenis, vir hewige debat en kontroversie tydens die Sinode van Dordrecht gesorg, wat in reaksie teen Arminius se leerstellinge die vyf punte van Calvinisme opgetrek het.