Jacques Marquette

Jacques Marquette
Gebore1 Junie 1637
Laon, Frankryk
Sterf18 Mei 1675
Ludington, Michigan
NasionaliteitFrankryk
BeroepSendeling
Bekend virOntdekkingsreise

Jacques Marquette (1 Junie 163718 Mei 1675) was 'n Franse Jesuïet-sendeling en ontdekkingsreisiger, ook bekend as Père Marquette. Hy het sy opleiding ontvang aan die Jesuïet Kollege te Nancy ongeveer in die jaar 1654. Hy het later gestudeer en doseer by Reims en ander Franse stede. In 1666 was hy gestuur na Kanada as 'n sendeling en arriveer by Quebec op 20 September 1666. Om homself toe te rus met die nodige vaardighede bestudeer hy die Indiane en hul tale te Trois-Rivières vir twee jaar. Hy begin eindelik met sy taak in 1668 te Sault. Ste Marie in Michigan en in 1671 begin hy 'n sendingspos op die eiland Mackinac.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne