James Caan | |
Caan in 1976.
| |
Geboortenaam | James Edmund Caan |
---|---|
Geboorte | 26 Maart 1940 Bronx, New York, Verenigde State |
Sterfte | 6 Julie 2022 (op 82) Manhattan, New York, Verenigde State |
Nasionaliteit | Amerikaner |
Beroep(e) | Akteur |
Aktiewe jare | 1961 - 2022 |
James Edmund Caan[1] (26 Maart 1940 - 6 Julie 2022) was ’n Amerikaanse akteur. Ná vroeë rolle in rolprente soos El Dorado (1966), het Caan in die 1970's meer bekend geraak in groot rolle in prente soos Brian's Song (1971), The Godfather (1972), The Gambler (1974), Rollerball (1975) en A Bridge Too Far (1977).
Van sy latere noemenswaardige prente sluit in Thief (1981), Misery (1990), For the Boys (1991), Bottle Rocket (1996) en Elf (2003), sowel as die rol van "Big Ed" Deline in die televisiereeks Las Vegas (2003–2008). Vir sy rol in The Godfather was hy vir ’n Oscar vir beste manlike byspeler benoem.