JD Vance | |
---|---|
Amptelike portret, 2025 | |
50ste Visepresident van die Verenigde State | |
Ampsaanvaarding 20 Januarie 2025 | |
President | Donald Trump |
Opvolger van | Kamala Harris |
Senator van die Verenigde State van Ohio | |
Ampsbekleër | |
Termynaanvang 3 Januarie 2023 Dien met Sherrod Brown | |
Voorganger | Rob Portman |
Persoonlike gegewens | |
Gebore | James Donald Bowman 2 Augustus 1984 Middletown, Ohio, Verenigde State |
Politieke party | Republikeins |
Gade | Usha Chilukuri (trou 2014) |
Kinders | 3 |
Opvoeding |
|
Beroep |
|
Handtekening | |
Webwerf | Senaatwebwerf |
Militêre diens | |
Diens/tak | Amerikaanse Marinierskorps |
Diensjare | 2003–2007 |
Rang | Korporaal |
Eenheid | 2nd Marine Aircraft Wing |
Slagte/oorloë | Irakse Oorlog |
Toekennings | |
Outeursloopbaan | |
Genre | Memoir |
Noemenswaardige werkes | Hillbilly Elegy |
Noemenswaardige toekennings | Audie-toekenning vir niefiksie 2017 |
James David Vance (gebore James Donald Bowman; 2 Augustus 1984) is 'n Amerikaanse skrywer, waagkapitalis, politikus en voormalige Amerikaanse Marinier wat sedert 2023 as die junior Amerikaanse senator van Ohio dien. Hy is 'n lid van die Republikeinse Party, en is die party se genomineerde vir die posisie van visepresident in die 2024-verkiesing.[2][3][4] Hy is die eerste vise-presidentskandidaat wat in die Amerikaanse Marinierskorps gedien het, sowel as die eerste millenniër.[5]
Vance is gebore in Middletown, Ohio, en het in die Marinierskorps gedien en die Ohio State University bygewoon en in 2009 gegradueer. Hy het in 2013 aan die Yale Law School gegradueer.[6] Hy het prominensie verkry met sy 2016-memoir, Hillbilly Elegy, wat sy opvoeding in die Rust Belt, armoede, dwelmverslawing en Appalachiese-kultuur beskryf. Dit het 'n New York Times-topverkoper geword en is later vir film verwerk. Dit het aansienlike aandag van die pers getrek tydens die 2016 Amerikaanse presidentsverkiesing.[7] Vance het die Demokratiese genomineerde Tim Ryan in die 2022 Amerikaanse Senaatsverkiesing in Ohio verslaan. Hy was aanvanklik gekant teen Donald Trump se kandidatuur in die 2016-verkiesing, maar het uiteindelik 'n sterk ondersteuner geword. In Julie 2024 het Trump Vance as sy visie-presidentskansidaat in die 2024 presidensiële verkiesing gekies, en hy is amptelik op 15 Julie tydens die Republikeinse Nasionale Konvensie genomineer.
Gedurende sy tyd in die Senaat is Vance beskryf as 'n neoreaksionêr,[8] nasionale konserwatief[9] en 'n regse populis.[9] Hy het Curtis Yarvin, Rod Dreher, Patrick Deneen, René Girard en Yoram Hazony aangehaal as invloede op sy politieke en godsdienstige oortuigings.[9] [10][11][12][13] In die verlede het hy gesê dat hy dalk 'n aborsieverbod van 15 weke kan ondersteun, met uitsonderings vir verkragting, bloedskande of bedreigings vir die gesondheid van die moeder, en het onlangs sy standpunt bekend gemaak dat aborsiewetgewing aan die state oorgelaat moet word.[14] Hy is persoonlik gekant teen selfdegeslaghuwelike, alhoewel hy gesê het hy wil nie die debat heropen nie.[15] Hy is ten gunste van die verbod op pornografie.[16] Vance word beskou as 'n andersdenkende wat betref die Republikeinse ortodokse siening van die ekonomie. Hy ondersteun verhogings vir sekere belastings op universiteitsskenkings en korporatiewe samesmeltings, en is ten gunste van 'n minimum loon, vakbondorganisasies, tariewe, antitrustbeleid, en is fel teen voortgesette Amerikaanse militêre hulp aan die Oekraïne gekant.[17][18][19][20]
Vance het deel geword van 'n opkomende Nuwe Regse kring van politici en denkers wat 'n neoreaksionêre (of 'NRx') vorm van politiek omhels het.
Groot Republikeinse skenkers is teen Vance gekant omdat hulle sy neiging tot ekonomiese populisme as vyandig beskou het teenoor hul model van klein-regering, vryemark-konserwatisme.