James Bisset (Aberdeen, Skotland, 13 September 1836 [volgens 'n ander bron 14 Oktober 1835] – Kenilworth, Kaapstad, 8 Oktober 1919) was 'n Suid-Afrikaanse argitek en siviele ingenieur van Skotse herkoms wat veral onthou word vir sy ontwerp vir twee NG kerkgeboue, die Grootkerk op Graaff-Reinet en die moederkerk op Beaufort-Wes, die ou hoofgebou van die Gill-kollege op Somerset-Oos en die voetstuk van die Prins van Wallis-obelisk, Port Elizabeth.