James Phillips | |
---|---|
![]() James Phillips by die 1987 Free People's Concert in Johannesburg | |
Ook bekend as | Bernoldus Niemand |
Gebore | 22 Januarie 1959 Yeoville, Johannesburg[1][2] |
Sterf | 31 Julie 1995 (op 36) |
Assosiasies | Corporal Punishment, Illegal Gathering, The Cherry-Faced Lurchers, Bernoldus Niemand |
James Phillips (22 Januarie 1959 - 31 Julie 1995) was 'n Suid-Afrikaanse rocksanger en liedjieskrywer. Phillips het in verskeie groepe en onder verskillende persona opgetree insluitend The Cherry-Faced Lurchers, Corporal Punishment, Illegal Gathering en Bernoldus Niemand. Onder laasgenoemde persona het hy 'n belangrike rol gespeel in die Alternatiewe Afrikaanse Musiekbeweging van die laat tagtigs en vroeë negentigs. Met liedjies soos "Hou My Vas Korporaal!" en "Snor City" het hy protes aangeteken en die spot gedryf met gesagsfigure en die beklemmende atmosfeer wat geheers het tydens die stuiptrekke van die Apartheidsbestel.