Jan Kempdorp | |
---|---|
Dorp | |
Ou hoofkwartier van die interneringskamp | |
Koördinate: 27°55′0″S 24°50′0″O / 27.91667°S 24.83333°O | |
Land | Suid-Afrika |
Provinsie | Noord-Kaap |
Distrik | Frances Baard |
Munisipaliteit | Phokwane |
Stigting | 1899 |
Oppervlak | |
• Totaal | 19,07 km2 (7,36 vk. myl) |
Bevolking (2011)[1] | |
• Totaal | 24 220 |
• Digtheid | 1 270/km2 (3 300/vk. myl) |
Rasverdeling (2011) | |
• Wit mense | 6.8% |
• Indiërs/Asiërs | 0.4% |
• Bruin mense | 12.9% |
• Swart mense | 79.4% |
• Ander | 0.6% |
Taal (2011) | |
• Tswana | 63.7% |
• Afrikaans | 19.8% |
• Xhosa | 9.7% |
• Sotho | 1.9% |
• Ander | 4.9% |
Poskode (strate) | 8550 |
Poskode (posbusse) | 8550 |
Skakelkode | 053 |
Jan Kempdorp is 'n dorp in die Noord-Kaap, Suid-Afrika wat onder die Phokwane Plaaslike Munisipaliteit ressorteer. Die dorp is 96 km noord van Kimberley en 43 km wes van Christiana geleë. Voorheen was dit die enigste dorp in Suid-Afrika wat oor twee provinsies, (Kaapland en Transvaal), versprei was. In 1994 is dit onder die Noord-Kaap ingedeel.