Jan Oort | |
---|---|
Gebore | Jan Hendrik Oort 28 April 1900 Franeker, Friesland |
Sterf | 5 November 1992 (op 92) |
Nasionaliteit | Nederlands |
Beroep | Sterrekundige |
Bekend vir | Oort-wolk Donker materie |
Jan Hendrik Oort (28 April 1900 – 5 November 1992) was ’n Nederlandse sterrekundige wat belangrike bydraes gelewer het tot die begrip van die Melkweg en wat ’n baanbreker op die gebied van radiosterrekunde was.[1]
In die huldeblyk ná sy dood in die New York Times is hy "een van die eeu se mees vooraanstaande verkenners van die heelal" genoem;[2] die webtuiste van die Europese Ruimtevaartorganisasie beskryf hom as "een van die grootste sterrekundiges van die 20ste eeu".[3] In 1955 het Oort se naam op Life se lys van die 100 beroemdste lewende mense verskyn.[4]
{{cite journal}}
: Onbekende parameter |deadurl=
geïgnoreer (hulp)