Jan van Riebeeck | |
Jan van Riebeeck uit die skildery De Stichter deur E.C. Godée Molsbergen.[1] | |
1ste Kommandeur van die Nederlandse Kaapkolonie
| |
Ampstermyn 6 April 1652 – 6 Mei 1662 | |
Voorafgegaan deur | Amp geskep |
---|---|
Opgevolg deur | Zacharias Wagenaer |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Johan Anthoniszoon van Riebeeck 21 April 1619 Culemborg, Gelderland, Republiek van die Sewe Verenigde Nederlande |
Sterf | 18 Januarie 1677 (op 57) Batavia, Nederlands-Indië (tans Indonesië) |
Eggenoot/-note | Maria de la Quellerie |
Kind(ers) | Abraham van Riebeeck 7 andere |
Religie | Nederduits Gereformeerde Kerkfamilie |
Lojaliteit | Nederland |
Johan Anthoniszoon (Jan) van Riebeeck (Culemborg, 21 April 1619 – Batavia, 18 Januarie 1677), was die stigter van die eerste kolonie in Suid-Afrika in opdrag van die Verenigde Oos-Indiese Kompanjie (VOC). Sy stigting by die Kaap die Goeie Hoop groei tot die Kaapkolonie, die Unie van Suid-Afrika en uiteindelik die Republiek van Suid-Afrika.