Hierdie artikel is 'n weesbladsy. Dit is nie geskakel of in ander bladsye ingesluit nie. Help Wikipedia deur na moontlike teks te soek en 'n skakel hierheen te plaas. |
Janet Baker | |
---|---|
Janet Baker in 1967 | |
Gebore | Janet Abbott Baker 21 Augustus 1933 |
Beroep | Operasanger (mezzo-sopraan) |
Jare aktief | 1950s–1980s |
Toekennings |
|
Janet Abbott Baker (gebore op 21 Augustus 1933) is 'n Engelse mezzo-sopraan wat die beste bekend is as 'n opera, konsert, en lieder sanger.[1]
Sy word veral geassosieer met barokmusiek, vroeë Italiaanse opera, en die werke van Benjamin Britten. Sy is gedurende haar loopbaan, wat vanaf die 1950's tot die 1980's gestrek het, beskou as 'n uitstekende sang-aktrise en wyd bewonder vir haar dramatiese intensiteit, wat miskien die beste na vore getree het in haar bekende rol as Dido, die tragiese heldin van Berlioz se magnum opus, Les Troyens.[2] Baker was as konsert-uitvoerder veral bekend om haar interpretasies van die musiek van Gustav Mahler en Edward Elgar. David Gutman, in die Gramophone-tydskrif, het haar uitvoering van Mahler se Kindertotenlieder beskryf as "intiem, byna 'n gesprek met haarself".[3]