Jarkofski-effek

Die Jarkofski-effek:
1. Straling vanaf die ateroïde se oppervlak
2. Prograadroterende asteroïde
2.1 "Namiddag-oppervlak"
3. Asteroïde se wentelbaan
4. Straling vanaf die Son

Die Jarkofski-effek verduidelik die uitwerking van die oneweredige hitte van ’n asteroïde se oppervlak op sy baan en is belangrik by klein liggame soos meteoroïdes en asteroïdes (met ’n deursnee van sowat 10 cm tot 10 km). Die term is in 1900 deur die Russies-Poolse ingenieur Iwan Osipowitsj Jarkofski geformuleer en is na hom genoem.


From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne