Jeffrey Epstein | |
---|---|
![]() Epstein se laaste polisiefoto, 9 Julie 2019 | |
Gebore | Jeffrey Edward Epstein 20 Januarie 1953 |
Sterf | 10 Augustus 2019 (op 66) Metropolitan Correctional Center, New York Stad, Verenigde State |
Doodsoorsaak | Betwis; bepaal as selfmoord deur middel van hanging |
Uitbeelding |
|
Beroep |
|
Kriminele aanklag(te) | Verkryging van 'n minderjarige meisie vir prostitusie; sekshandel |
Kriminele straf | 13 maande gevangenisstraf met werkvrylating (2008) |
Jeffrey Edward Epstein (20 Januarie 1953 in New York – 10 Augustus 2019 in New York) was 'n Joods-Amerikaanse finansier en seksuele misdadiger bekend vir sy beweerde sekshandel van minderjariges en sy verbintenisse met menige van die wêreld se elite.[1][2] Epstein begin sy loopbaan in finansies by die beleggingsbank Bear Stearns, waarna hy sy eie firma, J. Epstein & Co., stig. Tot en met sy veroordeling vir seksmisdade in 2008 was hy 'n gerekende en vername multimiljoenêr wat in die kringe van die finansiële, politieke, en kulturele elite van die samelewing beweeg het.[3]
In 2005 begin die polisie in Palm Beach, Florida om hom te ondersoek nadat 'n ouer beweer het dat Epstein haar 14-jarige dogter gemolesteer het. Epstein het uiteindelik skuldig gepleit en is in 2008 in 'n Florida-deelstaatshof vir die uitlokking van 'n prostituut en vir die verkryging van 'n minderjarige prostituut tot 13 maande gevangenisstraf met werkvrylating gevonnis.[4] Federale amptenare het 36 meisies so jonk as 14 jaar geïdentifiseer wat deur Epstein gemolesteer is.[5][6]
Epstein is weer eens op 6 Julie 2019 in hegtenis geneem op federale aanklagtes van sekshandel met minderjariges in Florida en New York.[7][8] Hy sterf op 10 Augustus 2019 na bewering weens selfmoord in sy tronksel in Manhattan.[9][4]
Daar is verskillende samesweringsteorieë rakende Epstein, waaronder: (1) dat hy nie dood is nie, maar in Israel woon en (2) dat hy in die tronk vermoor is om te verhoed dat hy skadelike inligting oor prominente persone kon openbaar.[10]
<ref>
tag; no text was provided for refs named :2
<ref>
tag; no text was provided for refs named guardian_2
<ref>
tag; no text was provided for refs named :16
<ref>
tag; no text was provided for refs named maroela
<ref>
tag; no text was provided for refs named deal
<ref>
tag; no text was provided for refs named buncombe
<ref>
tag; no text was provided for refs named Shallwani
<ref>
tag; no text was provided for refs named :1
<ref>
tag; no text was provided for refs named nytimes suicide
<ref>
tag; no text was provided for refs named Sameswering