Jekoeno Amlak | |
---|---|
Koning van Ethiopië | |
’n Vroeë skildery van keiser Jekoeno Amlak. | |
Dinastie | Huis van Salomo |
Bewind | 10 Augustus 1270 - 19 Junie 1285 |
Volle naam | Tasfa Jesus (troonnaam) |
Gesterf | 19 Junie 1285 |
Voorganger | Jetbarak |
Opvolger | Jagbe'oe Sejon[1] |
Jekoeno Amlak (Ge'ez: ይኩኖ አምላክ); troonnaam Tasfa Jesus, ተስፋ ኢየሱስ täsfa iyyäsus) was van 10 Augustus 1270 tot 19 Junie 1285 keiser van Ethiopië.[2] Hy was ook die stigter van die Salomoniese Dinastie, wat tot in 1974 in dié land regeer het.[3] Hy was ’n prins van die provinsie Bete Amhara (in vandag se Wollo-streek) wat koning van konings van Ethiopië geword het nadat hy die laaste Zagwe-koning verslaan het.