Jeppestown

Jeppestown
Voorstad
Nederduitse Gereformeerde Kerk in Jeppestown
Jeppestown is in Gauteng
Jeppestown
Jeppestown
 Jeppestown se ligging in Gauteng
Koördinate: 26°12′15″S 28°4′22″O / 26.20417°S 28.07278°O / -26.20417; 28.07278
LandVlag van Suid-Afrika Suid-Afrika
ProvinsieGauteng
MunisipaliteitStad Johannesburg
HoofplekJohannesburg
Oppervlak
 • Totaal1,83 km2 (0,71 vk. myl)
Bevolking
 (2011)[1]
 • Totaal14 795
 • Digtheid8 085/km2 (20 940/vk. myl)
Rasverdeling (2011)
 • Wit mense4.1%
 • Indiërs/Asiërs2.0%
 • Bruin mense3.6%
 • Swart mense89.3%
 • Ander1.0%
Taal (2011)
 • Zoeloe 55.8%
 • Engels 13.2%
 • Xhosa 5.0%
 • Afrikaans 3.4%
 • Ander 22.6%
Poskode (strate)
2094
Poskode (posbusse)
2043

Jeppestown (in die volksmond gewoonlik afgekort tot Jeppe) is ’n oostelike voorstad van Johannesburg, Gauteng, Suid-Afrika. Dit word begrens deur onder meer Troyeville, Marshalltown, Benrose, Kensington, Reynolds View, Belgravia, Wolhuter, Spes Bona en Malvern. Die voorstad se naamgewers, die Jeppes, was Duitse immigrante wat vanuit Rostock in die huidige Duitse deelstaat Mecklenburg-Voorpommere na Suid-Afrika geëmigreer het. Vyf van hulle, die broers Fred, Hermann en Julius, en laasgenoemde se seuns Carl en Julius, het 'n belangrike rol in die geskiedenis van die vroeë Transvaal en Johannesburg gespeel.[2]

  1. 1,0 1,1 1,2 1,3 Som van die hoofplekke Jeppestown tydens die 2011-sensus.
  2. www.kensington.org.za: The Jeppe Family. By Mike Alfred. Besoek op 11 Mei 2016[dooie skakel]

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne