Jerry Alan Fodor | |
Jerry Fodor in 2007
| |
Gebore | New York Stad, New York | 22 April 1935
---|---|
Oorlede | 29 November 2017 (op 82) Manhattan, New York |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Vakgebied | Filosofie van die gees, Filosofie van taal, kognitiewe wetenskap, rasionalisme, kognitiwisme, funksionalisme |
Alma mater | Columbia-universiteit Universiteit van Princeton |
Beïnvloed deur | Hilary Putnam, Sydney Morgenbesser, Franz Joseph Gall, Noam Chomsky, David Hume |
Invloed op | Ernest Lepore, Zenon Pylyshyn, Steven Pinker |
Toekennings | Jean Nicod-prys (1993) |
Jerry Alan Fodor (* 22 April 1935 in New York Stad; † 29 November 2017) was 'n filosoof aan die Rutgers-universiteit, New Jersey in die Verenigde State. Hy was die skrywer van verskeie baanbrekerboeke oor die velde van die geestesfilosofie sowel as die kognitiewe wetenskap, waarin hy die grondwerk vir sienings oor die modulêriteit van die gees (modularity of mind) en die teorie van taal en van denke uiteengesit het. Fodor was ook 'n groot voorstander van die funksionalisme. Hy was getroud met die taalkundige Janet Dean Fodor.