Jim Lovell | |
---|---|
Jim Lovell in 1964 | |
Gebore | James Arthur Lovell Jr. 25 Maart 1928 |
Nasionaliteit | Verenigde State |
Beroep | Ruimtevaarder, toetsvlieënier |
James Arthur "Jim" Lovell Jr. (25 Maart 1928 -) is 'n voormalige Nasa-ruimtevaarder en afgetrede kaptein van die Amerikaanse Vloot. Hy het bekend geraak as die bevelvoerder van die Apollo 13-missie wat kritiek geraak het nadat 'n suurstoftenk tydens die maanreis ontplof het. Hy was ook die bevelvoerder van Apollo 8 se Apollo-beheer-en-diensmodule, die eerste Apollo-missie wat om die maan gewentel het. Hy het aan twee Gemini-sendings deelgeneem: Gemini 7 en Gemini 12.
Jim Lovell en sy twee bemanningslede van Apollo 8, William Anders en Frank Borman, is as Time se Persone van die Jaar vir 1968 aangewys ter erkenning vir hulle harde werk. Hy het die Congressional Space Medal of Honor en die Presidential Medal of Freedom ontvang. Hy is een van slegs 24 mense wat na die maan gevlieg het, die eerste van drie mense wat twee keer na die maan gevlieg het en die enigste wat twee keer na die maan gevlieg het sonder om daarop te land. Hy was ook die eerste persoon wat vier ruimtevlugte onderneem het.