Joachim van Plettenberg | |
Goewerneur van die Nederlandse Kaapkolonie
| |
Ampstermyn 11 Augustus 1771 – 14 Februarie 1785 | |
Voorafgegaan deur | Ryk Tulbagh |
---|---|
Opgevolg deur | Cornelis Jacob van de Graaff |
Persoonlike besonderhede
| |
Gebore | Joachim Ammena van Plettenberg 8 Maart 1739 Leeuwarden, Nederland |
Sterf | 18 Augustus 1793 Zwolle, Nederland |
Joachim Ammena van Plettenberg (8 Maart 1739, Leeuwarden, Nederland – 18 Augustus 1793, Zwolle, Nederland) was die goewerneur van die Kaap de Goede Hoop van 11 Augustus 1771 tot 14 Februarie 1785. Hy het Ryk Tulbagh opgevolg as waarnemende goewerneur na dié se afsterwe. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die amp.
Van Plettenberg is in 1739 in Leeuwarden, die hoofstad van Friesland in Nederland gebore. Hy kom uit 'n aristokratiese familie en sy ouers was stoere Oranje-manne. Sy vader was 'n kolonel in die sterk Oranje-garnisoen wat in Leeuwarden onderhou is. Na voltooiing van sy skoolopleiding het hy gaan studeer en 'n graad in regte ontvang en is hy tot die State-Generaal verkies. Sy eerste amptelike pos was in Batavia waar hy regsondervinding opgedoen het as 'n junior regsoffisier of adjunk-fiskaal vit twee jaar van 1765. Op 28-jarige ouderdom is hy in 1767 aangestel as die eerste onafhanklike fiskaal in Kaapstad.[1]
In 1774 word hy in waarnemende hoedanigheid as goewerneur aangestel toe goewerneur Tulbagh te sterwe kom. Op 18 Mei 1774 is hy permanent aangestel in die posisie. Tydens sy ampstermyn het hy 'n drie maande lange reis onderneem waarin hy al 47 buiteposte in die Kaapkolonie besoek het. Tydens die reis kom hy op 5 November 1778 op Plettenbergbaai aan en op 6 November rig hy die historiese bakenklip van die VOC, wat as die Van Plettenbergbaken bekend staan op.[1] Die heldedaad van Wolraad Woltemade het tydens sy ampstermyn plaasgevind.
Van Plettenberg is na 'n reeks petisies van die Kaapbewoners in 1785 eervol uit sy pos ontslaan. Hy keer na sy vaderland terug en is by Huis Windesheim in Zwolle oorlede in 1793.[2]
Plettenbergbaai is deur homself vernoem.[3]