Joahas was die sewentiende koning van die koninkryk van Juda en het 3 maande regeer. Hy was uit die familie van koning Dawid en seun van koning Josia. Hy het op die ouderdom van 23 jaar koning geword. Die koning van Egipte het hom as koning onthef en sy broer in sy plek as koning aangestel. Hy is deur sy broer Jojakim opgevolg.