Joe Orton | |
---|---|
Gebore | John Kingsley Orton 1 Januarie 1933 Leicester, Engeland |
Sterf | 9 Augustus 1967 (op 34) Islington, Londen, Engeland |
Alma mater | Royal Academy of Dramatic Art |
Beroep | Dramaturg, skrywer |
Jare aktief | 1959–1967 |
John Kingsley Orton (1 Januarie 1933 – 9 Augustus 1967), bekend onder die skuilnaam Joe Orton, was 'n Engelse dramaturg, skrywer en dagboekskrywer.
Sy loopbaan, wat vanaf 1964 tot sy moord in 1967 gestrek het, was kort maar baie invloedryk.[1][2][3] Gedurende sy kort loopbaan het hy gehore geskok, verontwaardig en geamuseer met sy skandalige wrang humor. Die adjektief Ortonesk verwys na werk wat gekarakteriseer word deur galgehumor en 'n donker maar tog klugtige sinisme. [4]
Orton is op 9 Augustus 1967 deur sy minnaar Kenneth Halliwell, 'n Britse akteur en skrywer, vermoor. Halliwal het Orton met nege hammerslae teen sy kop doodgeslaan. Hierna het Halliwel selfmoord gepleeg deur 'n oordosis Pentobarbital te neem.[5]