Joeri Kondratjoek

Joeri Kondratjoek
Joeri Kondratjoek
Gebore
Aleksandr Ignatyewitsj Shargei

22 Februarie 1897
Poltawa, Russiese Ryk
SterfFebruarie 1942
Kaloega, Sowjetunie
NasionaliteitVlag van Russiese Ryk Rusland
Vlag van Sowjetunie Sowjetunie
BeroepWerktuigkundige en ingenieur
Bekend virVroeë teoretiese pionier van ruimtevaartkunde en ruimtevlug

Joeri Vasiliewitsj Kondratjoek (regte naam Aleksandr Ignatyewitsj Shargei, Russies: Алекса́ндр Игна́тьевич Шарге́й, Oekraïens: Олександр Гнатович Шаргей Шаргей) (22 Februarie 1897 - Februarie 1942) was 'n Oekraïniese en Sowjet ingenieur en wiskundige. Hy was 'n pionier van ruimtevaartkunde en ruimtevlug, 'n teoretikus en 'n visioenêr wat in die vroeë 20ste eeu die eerste bekende maanbaan rendezvous, 'n sleutelkonsep vir die landing en terugkeer van ruimtevlug van die Aarde na die Maan ontwikkel het.[1][2] Die konsep is later gebruik vir die daarstel van die eerste werklike menslike ruimtevlug na die Maan. Baie ander aspekte van ruimtevlug en ruimteverkenning word in sy werke gedek.

Kondratjoek het sy wetenskaplike ontdekkings gemaak in omstandighede van oorlog, herhalende vervolgings deur owerhede en ernstige siektes.

"Joeri Kondratjoek" is 'n gesteelde identiteit wat hy na die Russiese rewolusie gebruik het om weg te kom van sy verlede en het so aan die wetenskaplike gemeenskap bekend geword.

  1. Wilford, John (1969). We Reach the Moon; the New York Times Story of Man's Greatest Adventure. New York: Bantam Paperbacks. p. 167.
  2. Harvey, Brian (2007). Russian Planetary Exploration: History, Development, Legacy and Prospects. Springer.

From Wikipedia, the free encyclopedia · View on Wikipedia

Developed by Nelliwinne